Duto Media logo bokant
Duto Media
voorblad
 

Beloer die boek

 

In Skottel en Spens word lekker resepte, stories en verse oor kosmaak saam geroer.

Die boek is vir almal wat hou van lekker tradisionele Afrikaanse kos en meer daarvan wil weet. En ook van die meubels en ander gebruiksvoorwerpe wat deur die jare saam met die resepte ontwikkel het.

Oor die grappies en amusante anekdotes wat met die jare ontstaan het, sal heerlik saamgelag word. Die boek is nie net gemik op die kosmaker van die huis nie, maar op al die huisgenote en  hul vriende.

Skottel en Spens bied aan sy lesers ’n heerlike avontuur. Wie weet vandag nog hoeveel ’n knippie sout in Ouma se kookboek was en wat die verskil tussen ‘n knypie  en ’n grypie is? Waarvoor is ’n jammerlappie gebruik en waar kom die naam vandaan? Hoe lyk ’n oblietjiepan en wie het al  Jan-in-die-sak, galopsop of skuinskoek en stadige intrap geproe?

Beleef ook saam hoe digters en liedjieskrywers die alledaagse rondom lekker kos ervaar. Altesaam 54 gedigte, volksversies en liedjies wat oor een of ander aspek van kosmaak handel is opgeneem.

Tussendeur al hierdie heerlike en interessante dinge staan 162 resepte wat oor drie eeue deel van die Afrikaanse spyskaart geword het, sentraal.  Die boek bevat meer as 200 volkleur foto’s wat die resepte, meubels en gebruiksvoorwerpe illustreer.

Die outeur

Peet du Toit verwerf ‘n doktorsgraad in Drama aan die Universiteit van Pretoria en laat ‘n twintigtal boeke uit sy pen verskyn. Ten tye van sy aftrede was hy Hoof van die Departement Afrikaans en Afrikatale aan die Onderwyskollege van Pretoria. In sy vrye tyd spandeer hy aandag aan sy versameling Africana meubels, memorabilia van kampe in die Anglo-Boeroorlog en posseëls. Die leefwyse en gewoontes van ons voorgeslagte interesseer hom alhoemeer. Dit is dan ook teen hierdie agtergrond wat sy boek, Skottel en Spens: Stories, verse en resepte uit ons koskultuur, beskou moet word. 

titelblad

koekies